fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus boikot Emfuleni se onwettige vergadering om 2021/22-aansuiweringsbegroting verder aan te pas

Die VF Plus het ‘n begrotingsvergadering van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) geboikot en uitgeloop weens die onwettige wyse waarop die ANC die bestaande aansuiweringsbegroting vir 2021/22 wou aanpas.

Die rede hiervoor is dat die speaker, Sibongile Soxusa, sonder om die wettige proses in die raad te volg waarvolgens alle politieke partye die begroting kan debatteer, die verdere aansuiweringsbegroting sonder enige debat goedgekeur het.

Die Emfuleni-raad het hiermee sy eie reglement van orde verbreek.

Die VF Plus het in reaksie besluit om nie deel te vorm van hierdie blatante onwettige optrede van die ANC-beheerde raad nie en het die vergadering uit protes verlaat.

Die verdere aanpassing op die bestaande aansuiweringsbegroting vir 2021/22 is onder meer gedoen omdat die ANC weens swak bestuur R120 miljoen wat geoormerk was vir munisipale infrastruktuur, nie bestee het nie.

Die bedrag is derhalwe deur die tesourie teruggeneem. Die verlies van R120 miljoen vir broodnodige infrastruktuur is skreiend gegewe die feit dat die Emfuleni-munisipaliteit reeds bankrot en onder administratiewe bestuur is met infrastruktuur wat in duie stort.

Daarby het die munisipaliteit op ander gebiede ook nie fondse bestee nie met die gevolg dat dit deur tesourie teruggeneem is.

Dit beïnvloed onder meer munisipale dienslewering met betrekking tot waterinfrastruktuur waarvan die begroting met R35 miljoen verminder is. Verder is die buurt-ontwikkelingtoelaag, die geïntegreerde nasionale elektrifiseringsprogram asook die energie-aanvraagtoelaag elk met R2 miljoen verminder.

In totaal het die Emfuleni-munisipaliteit ‘n bedrag van R161 miljoen weens blote onbevoegdheid en ‘n gebrek aan die uitvoering van bestuursplanne aan die tesourie afgestaan. Die ANC probeer dit nou op ‘n onwettige wyse herstel met ‘n wysiging op die bestaande aansuiweringsbegroting.

Die Emfuleni-munisipaliteit strompel so van een krisis na ‘n ander onder ANC-beheer.

Die VF Plus gaan vandag ook hierdie situasie onder die aandag van die provinsiale regering bring wanneer die Gauteng-wetgewer se plaaslike regeringskomitee vergader om ook die wanorde in Emfuleni-munisipaliteit te bespreek.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.