Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus bevraagteken Ekurhuleni-burgemeester se buitelandse reis

Die VF Plus het sy ernstige kommer uitgespreek oor die burgemeester van die Ekurhuleni-metroraad, Nkosindiphile Xhakaza, se besluit om vandeesweek die Green & Resilient Urban Shift Africa Forum in Nairobi, Kenia, by te woon.

Alhoewel die forum insigte in volhoubare stedelike veerkragtigheid kan bied, meen die VF Plus die burgemeester moes, gegewe die finansiële krisis waarin die metro verkeer, sy bywoning heroorweeg het.

Ekurhuleni staan tans voor beduidende uitdagings, veral gesien in die lig van Eskom se dreigemente om die kragtoevoer na die metro af te sny.

Ander kwessies, soos onder meer ʼn begrotingstekort, verswakkende infrastruktuur en dienslewering om enkeles te noem, moet ook die hoof gebied word.

Die burgemeester moes hierdie uitdagings geprioritiseer het eerder as om ʼn internasionale geleentheid by te woon.

Die presiese koste van die reis is nog onbekend, maar die VF Plus is van mening dat die fondse eerder tot voordeel van die metro se inwoners aangewend kon word.

Die VF Plus dring daarop dat daar groter deursigtigheid en aanspreeklikheid rakende die metro se finansiële bestuur moet wees en dat onnodige uitgawes uitgeskakel word.

Ekurhuleni het leierskap nodig wat verbind is tot sy finansiële herstel en volhoubare dienslewering, nie leiers wat onnodige oorsese reise vooropstel nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.