fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus betuig meegevoel met tragiese busongeluk

Die VF Plus betuig sy innige meegevoel met die ouers, leerders en onderwysers van die Hoërskool Riebeeckstad in Welkom met die afsterwe van ses leerders in ʼn busongeluk.

Hierdie is nie die eerste busongeluk in die onlangse verlede in die Vrystaat wat lewens eis nie.

Die VF Plus het voorheen die Vrystaatse regering gevra om die pad tussen Warden en Vrede te herstel ná die afsterwe van ʼn onderwyser in 2021.

Alhoewel dit nie duidelik is of die pad waarop die bus gereis het ten tyde van die ongeluk ʼn bydra gelewer het tot die ongeluk nie, berus daar ʼn verantwoordelikheid op die provinsiale regering om toe te sien dat die toestand van paaie nie bydra tot onnodige lewensverlies nie.

Die VF Plus sal ook plaaslik ondersteuning bied aan die betrokke families, leerlinge en onderwys.

Hierdie gebeurtenis is hartverskeurend en die VF Plus bid almal betrokke die vrede van Christus toe.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.