Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus besoek misdaadslagoffers in Rayton

Mnr. Awie Erasmus, VF Plus-raadslid in die Tshwane-metroraad, het verlede week ‘n vrou en haar baba in die Rayton distrik besoek wat op hul kleinhoewe aangeval is.

“Die vrou en haar baba was alleen in hul huis toe twee onbekende mans die huis binne gekom en haar met ‘n vuurwapen gedreig het.

“Sy het om hulp geskreeu waarna die boosdoeners haar met die agterkant van ‘n geweer deur die gesig geslaan het. Sy is beveel om stil te bly,” vertel rdl. Awie Erasmus. Hy is deel van die koalisieregering in die Tshwane-metroraad.

Rdl. Erasmus het die vrou besoek kort nadat sy uit die hospitaal ontslaan is. Sy het verskeie beserings aan haar gesig opgedoen. Hy het ook vir die baba (nege maande) melk en ‘n geskenkbewys geneem.

“Die VF Plus het reeds aan die begin van die jaar sy misnoeë uitgespreek oor die groeiende misdaadsyfer, veral waar onskuldige mense vermoor en aangerand word. Baie woon op kleinhoewes en plase. Die party gaan daadwerklike stappe neem om dié soort misdaad te beveg,” het hy gesê.

Die party se leier in Gauteng, adv. Anton Alberts, het in ‘n vorige verklaring gesê die VF Plus se verkiesingsmanifes maak dit duidelik dat veiligheid ‘n prioriteit sal wees indien die party deel van enige koalisieregering is, en die party gaan nou gestalte gee aan daardie onderneming.

“Die VF Plus as koalisievennoot in Johannesburg en Pretoria/Tshwane gaan ook onmiddellik stappe neem om seker te maak dat die metropolisie sy fokus op misdaadvoorkoming verskerp,” het hy gesê.

Rdl. Erasmus het bygevoeg dat dit duidelik is dat stede en dorpe self moet begin sorg vir gemeenskapsveiligheid weens die disfunksionele aard van die polisie weens die ANC se verpolitisering van die een instansie wat die mense van Suid-Afrika moet beskerm.

“Die VF Plus sal aan die voorfront van daardie aksie wees as verantwoordelike koalisievennoot,” sê hy.

 

Rdl. Awie Erasmus

Tel: 072 815 4053

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.