fbpx
Vryheidsfront Plus

Maquassi-Hills munisipaliteit (bestaande uit Leeudoringstad, Makwassie, Witpoort en Wolmaransstad) wil 6 kiloliter gratis water wegneem

Na aanleiding van die raadsvergadering gehou op 31 Januarie 2017 beoog die Maquassi-Hills munisipaliteit om die gratis 6 kiloliter water wat tans aan verbruikers gegee word, weg te neem in die begroting van Mei 2017 en sal belastingbetalers meer moet opdok vir water. Hierdie drastiese stap van die ANC is weens die onvermoë van die munisipaliteit om invorderings te doen op agterstallige rekenings asook om maatreëls in plek te stel om waterverliese hok te slaan.

“Die totale uitstaande dienstegelde verskuldig aan die Maquassi-Hills munisipaliteit was einde Desember 2016 reeds meer as R798 miljoen (R798 536 585) en is genoeg om die munisipaliteit se totale begroting (ongeveer R 600 miljoen) te befonds. Die betalingsyfer vir dienste was in 2014 op 42,65% en in 2016 slegs 35%. Dit beteken die munisipaliteit sit en toekyk hoe wanbetaling plaasvind, maar neem nie die nodige stappe om dit te verbeter nie. Om die 6 kiloliter gratis water weg te neem, gaan nie die probleem oplos nie, maar veroorsaak dat getroue betalers van dienstegelde nou meer sal moet opdok. Dit is onbillik en onaanvaarbaar,” sê Gert Muller, VF Plus-raadslid in die Maquassi-Hills munisipaliteit.

Muller het verder gesê die regte maatreëls moet ingestel word om eerder te poog om verligting te bring aan belastingbetalers anders gaan belastingbetalers ander uitkomste soek soos alternatiewe energie en sal dit vir die munisipaliteit ‘n nog groter verlies meebring.

 

Gert Muller

Kontaknommers: 082 316 6992 / 079 409 8342

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.