fbpx
Vryheidsfront Plus

MRK moet nou onderneming gestand doen en man se haatspraak teen Joost en wittes ondersoek

Die Menseregtekommissie (MRK) het die onderneming gegee dat hy voortaan almal oor dieselfde kam sal skeer wat hulle op sosiale media aan haatspraak skuldig maak, en die VF Plus sal die MRK hieraan bind in sy ondersoek na uitlatings wat ‘n man op sy facebook oor Joost van der Westhuizen en wittes in die algemeen gemaak het, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor menseregte.

Hy sê nadat die VF Plus met die MRK gebots het oor die feit dat die indruk geskep is dat dié liggaam selektief optree en net wittes ondersoek en vervolg oor haatspraak, het die MRK die onderneming gegee om alle persone wat haatspraak pleeg – veral op sosiale media, dieselfde te behandel.

In die jongste voorval het ’n herrie losgebars ná inskrywing van ene Riaan Lucas wat gelui het “Joost is vrek”, asook ‘n foto met die woorde “Me when I hear a white man has died. RIP Joost”.

“Die bedoeling is duidelik dat die persoon bly is wanneer ‘n wit persoon sterf. Dit is skokkend, en is veral tragies omdat dit gekoppel word aan die afsterwe van ‘n persoon wat vir baie ‘n nasionale sportheld is.

“Die man moet pa staan vir hierdie onaanvaarbare uitsprake. Die VF Plus sal sy klag by dié van Solidariteit voeg en sal seker maak dat die saak deeglik ondersoek word en nie soos baie ander net stilweg verdwyn nie,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

 

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.