Die VF Plus in Mookgopong (Naboomspruit) sal as deel van die koalisieregering dringend vra dat die veiligheid in die dorp as ‘n prioriteit beskou en hanteer word, het me. Marcelle Maritz, VF Plus-provinsiale leier in Limpopo en raadslid in die Mokopane-stadsraad (Potgietersrus), gesê.
Die Mookgopong-stadsraad word deur ‘n koalisieregering beheer waarby die VF Plus ingesluit is.
“Ons sal met die polisie praat asook privaat sekuriteitsmaatskappye aanmoedig om na die veiligheid van die inwoners om te sien.
“Die party dra sy medelye oor aan die familie van mev. P Trutter (77) wat Saterdag dood in haar motorhuis in die Golfpark-landgoed, Mookgopong gevind is. Sy is vermoedelik verwurg.
“Nog ‘n bejaarde, mnr. Danie Killlian is op 3 Februarie in Leeupoort vermoor. Twee dae later is ‘n plaasboer, mnr. Brain Wesley, in die Letaba-hospitaal opgeneem nadat hy op sy plaas aangeval is. Hy is ernstig beseer,” het sy gesê.
Me. Maritz het van die slagoffers besoek en het hulle die versekering gegee dat die party nie sal rus totdat die regering daadwerklik optree om die veiligheid van inwoners, veral plaasboere, te verseker nie.
“Die ANC-regering het lank genoeg toegekyk hoe landsburgers vermoor en vermink word. Dit kan nie langer geduld word nie.”
Kontaknommer: 086 465 0046
E pos -marcelle.maritz@vf plus.org.za