fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus bekommerd oor waterowerhede se onvermoë om water in Limpopo te voorsien

Daar wag groot probleme in Limpopo indien die waterprobleme van verlede jaar nie werklik reggestel word nie. Die VF Plus sal daarom uit sy pad gaan om druk te plaas op owerhede om skoon en drinkbare water aan die provinsie se inwoners te voorsien.

Die VF Plus se optrede het reeds daartoe gelei dat die menseregtekommissie (MRK) in die krisis ingegryp het.

Die Vhembe-distriksmunisipaliteit is tot 15 Januarie 2024 (vandeesmaand) tyd gegun om sy watervoorsieningskrisis uit te sorteer waarna regstappe kan volg.

Die laaste Bloudruppel-verslag van verlede jaar wys dat waterowerhede in Limpopo grootliks nie daarin slaag om drinkbare water te voorsien aan die byna 3.4 miljoen inwoners in die provinsie nie.

Munisipaliteite soos onder meer Thabazimbi, Makhado, Polokwane, Musina, Mogalakwena en Phalaborwa gaan al vir jare gebuk onder ernstige watertekorte.

Munisipaliteite waar die swakste prestasies behaal is sedert die 2014 Bloudruppel-verslag, is die volgende:
Lephalale-plaaslike munisipaliteit – 85.5% (2014) na 48.4% (2023)
Polokwane-plaaslike munisipaliteit – 92.5% (2014) na 56.2% (2023)
Capricorn-distriksmunisipaliteit – 70.9% (2014) na 38.1% (2023)

Limpopo het 10 waterdienste owerhede waarvan 5 nie na wense presteer nie. Boonop word 26 van die 84 watervoorsieningstelsels as kritiek beskou.

Geen Bloudruppel-sertifikate is toegeken in Limpopo nie aangesien selfs die beste gebiede se prestasiepersentasie 30% onder die vereiste is.

Luidens die jongste verslag is daar slegs by twee munisipaliteite ʼn verbetering sedert die vorige verslag in 2014. Dit is die Bela Bela-plaaslike munisipaliteit en Vhembe-distriksmunisipaliteit. Die verbetering is egter steeds te min.

Die VF Plus het in Maart verlede jaar oor die waterkrisis ʼn klag by die MRK ingedien en ook ʼn strafregtelike saak by die polisie op Louis Trichardt geopen teen die uitvoerende burgemeester van Vhembe, mnr. Dowelani Nenguda, asook die waarnemende munisipale bestuurder, mnr. NC Tshikovha.

Teen Augustus 2023 het die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika (Obsa) R5 miljard oor vyf jaar beskikbaar gestel om waterverskaffing in Vhembe te versnel.

Buiten vir regstreekse finansiële ondersteuning vir infrastruktuurontwikkeling sou daar ook breë geïntegreerde ontwikkelingsondersteuning en institusionele kapasiteit aan Vhembe beskikbaar gestel word in vennootskap met openbare en private belanghebbendes.

Die party gaan sy bestaande druk volhou in samewerking met die MRK rondom die uitdagings met watervoorsiening in die provinsie.

Inwoners van Limpopo verdien beter as die ANC wat duidelik nie oor die politieke wil beskik om dienslewering aan gemeenskappe te verbeter nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.