fbpx
Vryheidsfront Plus

Nuwe era breek aan vir Wonderboom-lughawe

ʼn Nuwe era het vir die Wonderboom-lughawe aangebreek met die besluit van die Tshwane-metro om die lughawe aan die privaatsektor oor te dra deur middel van ʼn tenderproses. Die VF Plus ondersteun dié besluit heelhartig.

Hierdie innoverende stap is geneem met die doel om die lughawe te transformeer in ‘n kragtige ekonomiese katalisator vir die Tshwane-metro.

Die oorgang na privaat bestuur beloof om aansienlike finansiële en werkskeppingsvoordele vir die gemeenskap te bring. Die privaatsektor het die geleentheid om sy ekonomiese krag te ontplooi, deur middel van beleggings en vernuwing van infrastruktuur. Hierdeur kan die Wonderboom-lughawe sy funksie as ‘n sleutelbepalende skakel in die Tshwane se ekonomiese ontwikkeling versterk.

Die openbare tenderproses verseker ‘n eerlike, deursigtige en mededingende keuring en aanstelling van die bes gekwalifiseerde en geskikte privaat maatskappy om die lughawe te bestuur. Hierdeur word die belange van die gemeenskap beskerm en die geleentheid gebied vir ‘n suksesvolle vennootskap tussen die openbare- en privaatsektor.

Die koalisieregering in die Tshwane-metro waarvan die VF Plus deel is, is vasbeslote om ‘n sinergie van samewerking te skep waarby die Wonderboom-lughawe en die breër gemeenskap sal baat. Hierdie inisiatief is ‘n duidelike bewys van die raad se toewyding tot die bevordering van ekonomiese groei, werkskepping en toeganklikheid deur middel van lugvaart vir beide kommersiële- en privaatvervoer doeleindes.

Aan die hand van die besluit, lyk die toekoms van die Wonderboom-lughawe belowend en die Tshwane-metro sien daarna uit om saam te werk met die privaatsektor om ‘n nuwe era van welvaart en geleenthede vir die metropool te ontsluit.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.