Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Vertragings deur Transnet en die departement van openbare ondernemings ondermyn tesourie se ondersoek na Transnet-kontrake met Gupta-gekoppelde maatskappye

Uit geskrewe vrae van die VF Plus aan die minister van finansies blyk dit dat Transnet en die departement van openbare ondernemings die nasionale tesourie se ondersoek na Transnet-kontrakte met Gupta-gekoppelde maatskappye ondermyn, sê adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus. (Volledige vrae en antwoorde hierby aangeheg).

Adv. Alberts sê die vorige minister van finansies, Pravin Gordhan, het verlede jaar al bevestig dat die tesourie volskaalse ondersoeke begin het na alle tenders van meer as R10 miljoen wat deur openbare nutsmaatskappye toegeken is.

Dit was nadat die Openbare Beskermer uitgewys het dat dié tenders moontlik die teiken van grootskaalse korrupsie is.

Gordhan het in November verlede jaar reeds in die media gekla dat sy ouditeure en ondersoekers ‘geen’ samewerking van die SAUK, Transnet, die SAL of die departement van openbare ondernemings kry rakende inligting wat van hulle aangevra is nie.

In sy onlangse parlementêre vraag aan die minister het adv. Alberts die fokus op Transnet geplaas en onder meer gevra of die tesourie-ondersoek oor Transnet-kontrakte ook die maatskappye McKinsey & Co, Regiments Capital and Trillian Capital Partners insluit. Die maatskappye word met die Guptas verbind.

Luidens die minister se antwoord word daar steeds gewag op dokumentasie van Transnet en die departement van openbare ondernemings.

Adv. Alberts sê dié vertragings lyk verdag en die VF Plus gaan die tesourie vra om fermer op te tree voordat getuienis vernietig word. Hy sê die kanse is egter goed dat talle getuienis reeds vernietig is indien daar enige onwettige bedrywighede was.

“Dit is kommerwekkend, en alhoewel daar nog geen bevinding is nie, dui die vertragings dat als nie wel is nie,” sê adv. Alberts.

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

NATIONAL ASSEMBLY
QUESTION FOR WRITTEN REPLY
QUESTION NUMBER: 1076 [NW1080E]
DATE OF PUBLICATION: 15 MAY 2017

1076. Adv A de W Alberts (FF Plus) to ask the Minister of Finance:†
(1) Whether the National Treasury is currently investigating Transnet contracts with certain companies (details furnished); if not, why the National Treasury has informed the media that such an investigation is indeed under way; if so, (a) what is the motivation for the investigation, (b) what is the status of the investigation, (c) what are the time lines of the investigation and (d) when will the investigation be concluded;
(2) whether the findings of the investigation will be made public; if not, why not?
NW1080E

REPLY:

(1) Yes.

a) The reviews emanated from directives from the Public Protector to review contracts above R10m for the Public Rail Agency of South Africa (PRASA) which immediately extended to other State Owned Entities including Transnet;

b) The National Treasury is still waiting for the requested documentation from Transnet and the Department of Public Enterprises respectively, in order to conclude the review;

c) Submission of requested documents from Transnet and the Department of Public Enterprises will determine the timelines for the review; and

d) The completion of the review is dependent on receipt of the documentation from Transnet and Department of Public Enterprises.

(2) The report will be submitted to Standing Committee of Public Accounts which will make it public.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.