Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Die ANC is bewusteloos terwyl Mafube (Frankfort, Villiers, Cornelia en Tweeling) brand

Die totale chaos wat tans heers in die Mafube-plaaslike munisipaliteit, wat Frankfort, Villiers, Cornelia en Tweeling insluit, is onaanvaarbaar en die ANC-regering moet verantwoordelik gehou word vir alle skade, aldus Jan Oost, VF Plus-raadslid in Mafube.

Volgens Oost is Villiers en Qalabotjha tans sonder water as gevolg van werkers wat die wateraanleg beset en sabboteer. Oost het gisteraand ‘n strafregtelike klag teen die betrokke groep betogers gelê.

“Die ANC-regering het beheer verloor en hul onvermoë om die munisipaliteit te bestuur en wet en orde te handhaaf skend die inwoners van Mafube se reg tot basiese dienste.

“Die VF Plus beskou dit as onaanvaarbaar dat inwoners vir dienste, soos vullisverwydering moet betaal, maar hierdie dienste vir die afgelope twee maande nie ontvang het nie. Die VF Plus sal onder andere ‘n klag by die verbruikerskommissie indien en ook eis dat inwoners terugwerkend kortings op hul munisipale tariewe ontvang.

“Ten spyte daarvan dat Mafube reeds sedert Mei 2017 onder provinsiale administrasie geplaas is, het die krisis waarin hierdie munisipaliteit hom bevind slegs vererger. Munisipale amptenare het weereens nie hul salarisse vir Junie ontvang nie en gevolglik vind daar protesaksies en sabotasie plaas en geen dienslewering geskied nie.

“Gedurende die afgelope week het betogers onder andere die kragstasie en eiendom in Cornelia beskadig, bande en ander voorwerpe gebrand en in Frankfort en Villiers rommel gestrooi.

“Die ANC-regering – nasionaal, provinsiaal en in Mafube – moet aanspreeklik gehou word vir alle skade,” het Oost gesê.

 

Kontakbesonderhede: 079 517 8059

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.