Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Versnelling van Vhembe-distriksmunisipaliteit se watervoorsiening verwelkom

Die VF Plus verwelkom die Vhembe-distriksmunisipaliteit se plan om grootmaat waterverskaffing aan die plaaslike munisipaliteite van Makhado (Louis Trichardt), Thulamela, Musina en Collins Chabane te versnel.

Dié munisipaliteite gaan al vir jare gebuk onder ernstige watertekorte.

Die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika (Obsa) het R5 miljard oor vyf jaar beskikbaar gestel om waterverskaffing in Vhembe te versnel.

Buiten vir regstreekse finansiële ondersteuning vir infrastruktuurontwikkeling sal Obsa ʼn breë geïntegreerde ontwikkelingsondersteuning en institusionele kapasiteit aan Vhembe beskikbaar stel in vennootskap met openbare en private belanghebbendes.

Die VF Plus het in Maart vanjaar ʼn klag by die menseregtekommissie (MRK) ingedien en ook ʼn strafregtelike saak geopen teen die uitvoerende burgemeester van Vhembe, mnr. Dowelani Nenguda, asook die waarnemende munisipale bestuurder, mnr. NC Tshikovha, by die polisie op Louis Trichardt oor die waterkrisis.

Met al dié volgehoue druk is Vhembe onlangs geprioritiseer en is fondse beskikbaar gestel as deel van die regering se distrik-ontwikkelingsmodel wat veronderstel is om munisipale dienslewering reg te ruk.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.