fbpx
Vryheidsfront Plus

Verminder die regering se inmenging in die privaatsektor en die ekonomie sal floreer

Dit is tyd vir dade en nie vir woorde nie. Dit is die kernreaksie van die VF Plus op die provinsiale rede van Mpumalanga se premier, Refilwe Maria Mshweni-Tsipane.

Premier Mshweni-Tsipane het al die belangrike kwelpunte genoem naamlik grond, gesondheid, onderwys, 'n inklusiewe ekonomie, geslagsgegronde geweld, vaardigheidsontwikkeling, werkloosheid en misdaad wat toeriste teiken.

Die boodskap van die VF Plus aan premier Mshweni-Tsipane is dat die opheffing van die provinsie afhang van meer as net die woorde van haar toespraak, maar dat dit uitgebreide introspeksie en optrede sal beteken om die situasie rondom die provinsie te verander.

Die premier moet daadwerklik die resultate van die vaardigheidsoudits wat in plaaslike en provinsiale departemente uitgevoer is, lewer. Dit sal Mpumalanga 'n idee gee van die wyse waarop vakatures gevul is en tot watter mate aanstellings en nepotisme tydens kaderontplooiing plaasgevind het.

Sy moet die aantal munisipale en provinsiale administratiewe personeellede drasties verminder en salaris-syfers weer evalueer met die doel om die oordrewe salarisse van oorbemande poste drasties te verlaag.

Die ANC moet ophou om die provinsiale en plaaslike regeringstrukture as 'n werkskeppingsagentskap te gebruik.

Mpumalanga benodig werksgeleenthede in die privaatsektor. Dit sal ekonomiese groei en werkskepping aanhelp.

Grond en landbou is 'n perfekte voorbeeld van vermorste staatshulpbronne waar werkloosheid onder die jeug ernstig verminder kon word indien die honderde duisend hektaar grond wat sedert 1996 deur die staat aangekoop is, korrek aangewend is. Dit het nie in Mpumalanga gebeur nie.

Mpumalanga benodig bekwame jong boere van alle rasse.

Die voortdurende inmenging deur die provinsiale regering in onderwys en geld wat sodoende vermors word, kon veel beter elders aangewend word tot voordeel van die ekonomie.

Die regering se doel is om 'n doeltreffende staatsdiens op so 'n manier te bedryf dat dit die privaatsektor toelaat om te floreer en sodoende werkloosheid te verminder.

Kontaknommer: 084 652 9164

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.