fbpx
Vryheidsfront Plus

Probleme met geblikte vis wys op noodsaak om standaarde af te dwing

Die onttrekking van ń groot hoeveelheid geblikte sardyne van verskeie handelsmerke deur die Nasionale Reguleerder vir Standaarde (NRCS) beklemtoon die noodsaak van die daarstel en afdwing van standaarde deur die Suid Afrikaanse Buro vir Standaarde (SABS) asook die NRCS.

Die VF Plus verwelkom die optrede en die ondersoek na die handelsmerk Westpoint deur die reguleerder waar die vis geblik is, veral omdat die regte proses nie gevolg is met die onttrekking nie.

Geblikte vis wat met suurstof in aanraking kom, kan tot voedselvergiftiging en selfs lewensverlies lei.

Die VF Plus sal die ondersoek en verdere optrede monitor ten einde volgehoue nakoming van gestelde standaarde te verseker.

Kontaknommers: 082 466 3786 / 062 391 1804

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.