fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus keer onreëlmatige raadsbesluite in JB Marks-plaaslike munisipaliteit

Ten tyde van ‘n raadsvergadering in die JB Marks-munisipaliteit (Potchefstroom en Ventersdorp) vandag het die VF Plus se raadslede die vergadering verlaat om onder meer te verhinder dat uitgawes van miljoene rand onreëlmatig, terugwerkend goedgekeur word.

Die VF Plus het die raadsaal verlaat om te keer dat die raad ‘n kworum vorm om hierdie besluite deur die raad te stoomroller. Besware van opposisiepartye dat dit onreëlmatig sou wees om projekte en uitgawes goed te keur sonder behoorlik stawende verslae en professionele motiverings, is deur die ANC-speaker, Elias Mogoeemang, geïgnoreer.

Die VF Plus weier om as ‘n rubberstempel te dien en stille goedkeuring te verleen aan enige moontlike ongerymdhede en wanbestuur in JB Marks.

Die vergadering is vroeg reeds gekenmerk deur ongedissiplineerde en opruiende gedrag van ANC-raadslede. Selfs die speaker is telkens onderbreek deur luidrugtige tussenwerpsels. Hierdie stand van sake in die JB Marks-raad is totaal onaanvaarbaar.

Die ontwrigtende optrede van die ANC verlam die munisipaliteit tot nadeel van al sy inwoners.

Die VF Plus doen ‘n beroep op die premier van Noordwes, Job Mokgoro, om dringend in te gryp en te verseker dat die munisipaliteit nie ten gronde gaan weens interne ANC-faksiegevegte en ongedissiplineerde raadslede nie.

Die inwoners van JB Marks kan nie langer gyselaar gehou word deur ‘n ANC-koukus wat duidelik net hul eie belange vooropstel nie.

Kontaknommers: 076 294 2998 / 073 190 9424 / 083 292 1157

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.