fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom aksie van NMBM om onwettige krag-aansluitings te verwyder

Die VF Plus in Port Elizabeth steun die besluit van die Nelson Mandelabaai-metro (NMBM) om elektrisiteitsverbindings na sommige huise in die metro te ontkoppel wat inwoners onwettig aangelê het.

Na ‘n skrywe van die VF Plus aan die burgemeesterskomitee aangaande die onwettige gebruik van krag, het die stadsbestuurder bevestig dat ‘n kontrakteur opdrag gegee is om die aansluitings te verwyder. Die metro het ook aangedui dat die VF Plus op hoogte gehou sal word van die werk wat gedoen is.

Die VF Plus het die metro daarop gewys dat onwettige kragaansluitings grootliks bydra tot die vermorsing van krag. Misdadigers het te lank op betalende inwoners se rug gery wat ‘n groot rol gespeel het in verhoogde kragtariewe.

Die VF Plus sal nie langer toekyk hoe mense die wet oortree en daarmee wegkom nie. Onwettige kragverbruikers moet vervolg word en die metro moet skuldinvordering verskerp.

Die VF Plus sal in die belang van alle inwoners van die metro aanhou om met alles in sy vermoë te veg teen swak dienslewering en die laksheid van die ANC/DA-beheerde metro.

Kontaknommers: 072 582 3461 of 087 808 4763

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.