Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Verhuring van ongebruikte bates kan Ekurhuleni se finansies versterk: Moet markverwant en deursigtig wees

Die VF Plus steun die beginsel dat ongebruikte raadsbates soos grond en geboue verhuur kan word om die kontantvloei van die Ekurhuleni-metro te verbeter, mits dit op markverwante en deursigtige grondslag geskied.

In hierdie verband steun die VF Plus die voorgestelde verhuring van ’n groot stuk grond in Rynfield, Benoni, vir die ontwikkeling van ’n vaardigheidsopleidingsentrum, opvoedkundige gerief en moskee. Só ’n ontwikkeling kan betekenisvolle maatskaplike waarde vir die gemeenskap bring.

Die huidige voorstel van ’n minimum huur van R14 881 per maand (BTW ingesluit) vir ’n termyn van tot 30 jaar is egter problematies. Die VF Plus het die raad versoek om die huurbedrag op ’n onlangse onafhanklike waardasie te grond. Dit moet jaarliks hersien en deur ’n oop mededingende proses toegeken word.

’n Vaste minimum huurbedrag sonder aanpassing hou die risiko in dat die metro inkomste verloor, terwyl ander huurders elders in die metro markverwante bedrae betaal.

Die inwoners van Rynfield moet ook betrek word deur ’n openbare deelnameproses. Belangrike praktiese kwessies soos verkeer, toegang, parkering en geraasbeheer moet vooraf duidelik uitgeklaar word, veral aangesien die voorgestelde huurtermyn dekades kan duur.

Die VF Plus se maatstaf is eenvoudig:
• Huur teen ’n markverwante bedrag, jaarliks hersien.
• Oop en deursigtige tenderproses.
• Huurder dra alle lopende koste en opknappings.
• Terrein moet netjies teruggegee word aan die einde van die termyn.

Die VF Plus sal druk uitoefen om te verseker dat die huurkontrak só gestruktureer word dat dit die huurder, die metro en die gemeenskap tot voordeel strek.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.