fbpx
Vryheidsfront Plus

Ventersburg: Vrystaat-regering se onstabiliteit dra by tot landelike onveiligheid

Die toenemende onwettige betreding van private eiendom en die onwettige jag van wild en vee is die gevolg van ‘n gebrek aan leierskap in die Vrystaatse regering en populistiese uitsprake.

‘n Boer van Ventersburg, Piet Kleynhans (62), is Maandagoggend op ‘n klag van poging tot moord in hegtenis geneem nadat hy Saterdag honde waarmee daar in ‘n veld gejag is, doodgeskiet het.

Sy aansoek om borgtog is Donderdag toegestaan.

Kleynhans het vantevore verskeie klagte ingedien teen onwettige jagters.

Die polisie gee in baie gevalle aan boere ‘n koue skouer wanneer onwettige betreding en jag aangemeld word.

ANC- en EFF-politici se gereelde opruiende uitsprake teenoor boere dra sonder twyfel by tot die onveilige toestande in landelike gebiede.

Dié politici is veronderstel om gemeenskappe te beskerm, maar fokus eerder op populistiese uitsprake.

Intussen het die vorige Vrystaatse LUR vir polisie, paaie en vervoer, Sam Mashinini, ‘n ruim salaris ontvang terwyl hy deur die premier op spesiale verlof geplaas is en uiteindelik met ‘n nuwe LUR vervang is.

Mashinini is daarvoor bekend dat hy sterk bande het met Ace Magashule en Jacob Zuma.

Mashinini se lang verlof het duidelik ‘n gebrek aan leierskap in die departement veroorsaak. Die Vrystaatse regering onder leiding van die premier, Sisi Ntombela, is daarom effektiewelik deel van die probleem met landelike veiligheid wat verwaarloos word weens ‘n onstabiele departement.

In stede daarvan om landelike veiligheid op te knap, fokus die ANC op sy interne magstryd om oorlewing vir die komende plaaslike regeringsverkiesing.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.