Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Veelpartyregering in Mogale City kan herstel word

Die VF Plus gaan hom beywer vir die herstel van ‘n veelpartyregering in Mogale City (Krugersdorp), sê mnr. Jaco Mulder, VF Plus-leier vir Gauteng.

Dit volg nadat die EFF ses van hul raadslede geskors het wat op 11 Julie 2017 teen hul leierskap se opdrag tydens ‘n raadsvergadering ‘n raadskworum bewerkstellig het en ‘n onwettige ANC-begroting gesteun het.

Volgens Mulder het die meerderheid kiesers van Mogale City op 3 Augustus 2016 teen die ANC gestem vir partye van hul keuse. Tans word Mogale City deur ‘n minderheid regeer met ‘n onwettige reglement van orde wat nie die wil van die meerderheid kiesers weerspieël nie.

“Die veelparty-koalisie, waarvan die VF Plus deel was, het na 3 Augustus 2017 met 39 setels teenoor die 38 van die ANC op 7 Junie 2017 tot ‘n val gekom nadat ‘n DA-raadslid die magsbasis in die guns van die ANC geswaai het. Hierna het die DA ‘n leuenverklikkertoets op sy raadslede laat doen.

“Die ANC het gevolglik weer beheer oor Mogale City geneem en sonder die wetlik vereiste openbare deelname prosesse met die hulp van die betrokke EFF-raadslede ‘n ANC-begroting aanvaar.

“Die VF Plus wat ook in veelparty-koalisies in die Johannesburg- en Tshwane-metrorade dien, gaan homself saam met ander opposisiepartye bly beywer om die ANC in Gauteng en op nasionale vlak te vervang met ‘n alternatiewe regering,” sê Mulder.

Kontaknommers: 082 466 3786

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.