Die VF Plus is besorg oor die Tshwane-metro steeds nie deursigtige kontrakte en behoorlike tenderprosesse by die Tshwane-varsproduktemark in werking gestel het nie.
Die metro was reeds in die moeilikheid toe die metro deur ʼn hofbevel gedwing is om die mark op te gradeer.
Die burgemeester, dr. Nasiphi Moya en die stadsbestuurder, Johann Mettler, is ook in ʼn tweede hofbevel van minagting van die hof skuldig bevind omdat hulle nie ʼn hofbevel uitgevoer het nie. Dit het belastingbetalers miljoene gekos.
Intussen is daar steeds nie deursigtige kontrakte en behoorlike tenderprosesse nie wat ʼn groot uitwerking het op boere, handelaars en verbruikers wat afhanklik is van ʼn funksionele mark.
Die mark moet ’n kernpunt wees van ekonomiese groei en voedselsekerheid. In stede daarvan het die bestuur van die mark talle kere gelei in ’n regstryd oor wanbestuur, kontraktuele chaos en finansiële verlies gely deur boere.
Die VF Plus dring aan op ʼn forensiese ondersoek na alle kontrakte en regskoste sedert die aanvang van dispute asook op ʼn langtermynstrategie vir markbestuur wat volhoubaar, regverdig en ekonomies sinvol is.
Die party kan nie toekyk hoe miljoene in hofsake vermors word terwyl die mark leegloop nie. Vars produkte verdien ʼn vars bestuur, nie vrot beloftes nie.


