Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Ekurhuleni se ondoeltreffende oortydbestuur laat Kemptonpark-inwoners in donker

Die Ekurhuleni-metro se onvermoë om die personeel van die energiedepartement se oortyd doeltreffend te bestuur, het inwoners van Kemptonpark onlangs vir meer as 24 uur sonder krag gelaat.

Die departement het sy oortyd só wanbestuur dat daar ʼn raadsbesluit geneem is dat slegs 40 uur se oortyd per maand aan die departement toegeken is. Dié tyd mag ook net aangewend word om groot kragonderbrekings te herstel.

Die misbruik van oortyd het nou daartoe gelei dat nie eens ʼn eenvoudige kragonderbreking vinnig na-ure herstel kan word nie.

Dit het daartoe gelei dat nagtelike kragonderbrekings op 26 en 29 September in Birch Acres nie herstel kon word nie omdat die oortydtoekenning reeds gebruik is. Inwoners moes tot die volgende dag wag vir herstelwerk om te begin.

Dit is onaanvaarbaar dat ondernemings wat reeds onder ekonomiese druk is, van alternatiewe kragvoorsiening gebruik moet maak of sonder krag moet klaarkom.

Inwoners verdien betroubare kragvoorsiening en nie eindelose verskonings nie.

Dit is die departementshoof se plig om toe te sien dat oortydtoekennings nie misbruik word nie en effektief aangewend word sodat probleme gou aangespreek kan word.

Die VF Plus herhaal dat die enigste manier om aanspreeklikheid en bevoegdheid terug te bring na plaaslike regering, by die stembus moet plaasvind.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.