Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Uitspraak in Nicci Jansen van Rensburg-moordsaak verwelkom

Die VF Plus verwelkom die skuldigbevinding van die drie beskuldigdes weens die moord van Nicci Jansen van Rensburg op 7 Oktober 2022 op sy plaas in Roedtan in Limpopo.

Die party het vandag se hofverrigtinge bygewoon ter ondersteuning van die familie.

Nicci se verloofde, Veronica Grobler en vriende se seun is tydens die aanval aangerand, vasgebind en moes die gebeure aanskou.

Tydens die hofverrigtinge op 21 Augustus 2023 het die beskuldigdes se regsverteenwoordiger die hof versoek om die saak uit te gooi omdat die staat, volgens hom, nie oor genoegsame bewyse beskik het nie.

Die VF Plus se ontslape voormalige provinsiale leier en LPW, me. Marcelle Maritz, het dadelik opgetree en die polisie se Waterbergse distrikskommissaris, genl.maj. Dikeledi Rebecca Mangena, versoek om te seker te maak dat die saak deeglik ondersoek word en enige uitstaande bewyse aan die staatsaanklaer voorsien word.

Hierdie inligting is oorgedra aan die nasionale vervolgingsgesag (NVG) wat aanbeveel het dat die ondersoek moet voortgaan en dat die beskuldigdes nie vrygelaat mag word nie.

Al drie die beskuldigdes is vandag skuldig bevind aan roof met verswarende omstandighede, moord, roof, roof met die doel om ernstig te beseer, die besit van onwettige vuurwapen(s), onwettige ammunisie en sameswering.

Die saak is uitgestel om familielede die geleentheid te gun om getuienis te lewer voor vonnisoplegging.

Die VF Plus hoop dat die hofuitspraak vir Nicci se famille en geliefdes ʼn mate van berusting bring. Dit was ʼn pynlike en moeilike pad wat hulle die afgelope drie jaar moes loop.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.