Die afgelope drie weke is twee mense in hul huise in die Polokwane-plaaslike munisipaliteit (Pietersburg) vermoor.
Lindie Oberholzer is op 17 Augustus helder oordag in haar huis aangeval en noodlottig gewond.
Sheik Omar Mkwamba, ’n plaaslike muezzin (moskeeuitroeper) en bekende onder die Moslem-gemeenskap in Pietersburg, is in die vroeë oggendure op 30 Augustus oorval en doodgeskiet.
Die feit dat die moorde in die bestek van drie weke plaasgevind het, is ’n onrusbarende aanduiding oor die stand van misdaad in Limpopo.
Die VF Plus doen opnuut ’n beroep op gemeenskappe om betrokke te raak by hul plaaslike veiligheidsstrukture en om ten alle tye paraat te wees en selfs nie oorgerus te wees in jou eie huis nie.
Inwoners van Limpopo kan die VF Plus se provinsiale kantoor op Potgietersrus kontak vir bystand om aan te sluit veiligheidsorganisasies in hul gebied deur die volgende nommer te skakel 015-5907033 of ‘n e-pos te stuur aan limpopo@vfplus.org.za.