fbpx
Vryheidsfront Plus

Water loop weer op Vaalwater danksy VF Plus se ingryping

Danksy die ingryping van die VF Plus is daar weer water in Vaalwater se krane.

Die VF Plus het onmiddellik gereageer nadat ‘n inwoner van Vaalwater verlede Vrydag die party om hulp genader het oor dié dorp se waterkrisis.

Daar is onmiddellik geskakel met die Modimolle/Mookgophong-plaaslike munisipaliteit (Nylstroom, Naboomspruit, Alma, Vaalwater) se verteenwoordiger op Vaalwater, Johannes Mabula, wat bevestig het dat ‘n diensverskaffer drie dae tevore ‘n boorgat gesluit het weens ‘n uitstaande rekening.

Watertoevoer aan Vaalwater het weens die sluiting van die boorgat aansienlik verminder en kon nie in die basiese behoeftes van inwoners voorsien nie.

Die VF Plus se provinsiale leier en LPW in Limpopo, Marcelle Maritz, het die saak onder die aandag gebring van die burgemeester, Marlene van Staden, wat self ‘n inwoner van Vaalwater is.

Van Staden het die saak opgevolg en ‘n ooreenkoms met die diensverskaffer aangegaan dat sy uitstaande rekening teen die sewende September vereffen sal word.

Die watersituasie op Vaalwater het hierna dadelik verbeter en geen verdere klagtes is uit die gemeenskap ontvang nie.

Die VF Plus bedank mnr. Mabula vir sy hulp en deurlopende kommunikasie om die party op hoogte van sake te hou.

Die VF Plus sal die situasie dophou om te verhinder dat die inwoners van Vaalwater se basiese reg tot water weer benadeel word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.