fbpx
Vryheidsfront Plus

Tshwane-varsproduktemark kry nuwe baadjie

Die Tshwane-metroraad het vandag tydens ʼn raadsvergadering ʼn omkeerstrategie van die Tshwane-varsproduktemark goedgekeur met die doel om handelsaktiwiteite en algemene dienslewering te verbeter.

Die VF Plus het ʼn daadwerklike rol gespeel in die implementering van dié projek.

Ná volgehoue druk van die party is daar ná 15 maande besluit om ʼn omkeerstrategie rakende die mark te volg.

Die Tshwane-varsproduktemark is ʼn prominente handelsentrum vir landbouprodukte en speel ʼn belangrike rol in die metro se ekonomie.

Die omkeerstrategie is ʼn aanduiding van die metro se toewyding om deurlopend groei en welvaart te bevorder en te voldoen aan die landbougemeenskap se veranderende behoeftes.

Die strategie behels verskeie aspekte waaronder die opgradering van infrastruktuur om ʼn moderne, veilige en gerieflike omgewing te verseker vir almal wat die mark besoek.

Die mark sal herontwerp word om logistieke vloei te bevorder wat die koop en verkoop van produkte sal vergemaklik.

ʼn Geïntegreerde inligtingstelsel sal aangewend word om transaksies en kommunikasie tussen alle belanghebbendes te bevorder.

Die mark sal ook ʼn aktiewe rol speel in die bevordering van omgewingsbewustheid met die implementering van hernubare energiebronne, afvalherwinning en waterbesparing.

Die VF Plus, as deel van die veelparty-koalisieregering, sal met alle belanghebbendes, soos markagente, boere, handelaar en verbruikers, saamwerk om te verseker dat die nuutontwerpe mark aan almal se behoeftes voldoen.

Die party glo dat die Tshwane-varsproduktemark met sy nuwe baadjie ʼn langdurige impak sal hê op die landbougemeenskap en die plaaslike ekonomie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.