fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Karpowership: Kragskepe moet nog verskeie hekkies oor

Onlangse verwikkelinge laat dit lyk of kragskepe van die Turkse maatskappy Karpowership die groen lig kan kry van die Suid-Afrikaanse regering. Daar is egter nog verskeie hekkies wat oorkom moet word.

In die afgelope week is toestemming gegee dat twee van die kragskepe se omgewingstudies laat ingedien kan word. Dit kan dus nog goed- of afgekeur word.

Toegang tot die nasionale kragnetwerk en die aankoopooreenkoms met Eskom moet nog gefinaliseer word.

Die aankoopooreenkoms is juis een van die groot probleme. Die VF Plus het hom uit die staanspoor uitgespreek teen die beplande twintigjaarkontrak met ‘n tariefstruktuur wat vooruit vasgestel word.

As noodmaatreël is daar meriete in die kragskepe. Twintig jaar is egter nie ‘n “noodperiode” nie. Boonop is skakeling met die kragnetwerk nie maklik en vinnig nie.

Omgewingskwessies en ruimte in die betrokke hawens van Richardsbaai, Ngqura (Port Elizabeth) en Saldanhabaai bly problematies. Moontlike besware sal in die omgewingstudies, wat nou laat ingehandig mag word, weerlê moet word.

Kragvoorsiening bly ‘n kritieke swakheid in die Suid-Afrikaanse ekonomie, maar twyfel of kragskepe deel van die oplossing is, wil maar net nie verdwyn nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.