Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Tshwane se R12.2 miljard batekrisis: Koalisie se infrastruktuurverraad teen belastingbetalers

Die jongste amptelike verslag van Tshwane se strategiese batebestuurskomitee (Samco) wys dat ’n bedrag van R12,2 miljard vasgevang is in projekte wat reeds gebou is, half voltooi is of waarvoor planne en betalings lankal gedoen is, maar wat nooit amptelik op die metro se bate-register gelaai is nie.

Hierdie fondse, wat infrastruktuur verteenwoordig wat gemeenskappe dringend nodig het, is vasgepen in administratiewe laksheid en onbevoegdheid.

Terwyl inwoners daagliks sukkel met verweerde paaie, donker strate en behuisingsprojekte wat stilstaan, word die voltooide of halfvoltooide werk eenvoudig nie wettig oorgedra nie.

Omdat dit nie op die aktiewe bate-register verskyn nie, mag die metro dit nie in stand hou of verseker nie.

Die gevolg is dat eiendom verwaarloos word, skade intree en projekte later teen hoër koste weer aangepak moet word.

Hierdie toedrag van sake beteken dat belastingbetalers twee keer betaal: eers vir die bouwerk en dan weer vir die herstel van skade wat intussen ontstaan.

Dit is ’n direkte gevolg van min tot geen projekbestuur en ’n kultuur van dissiplineloosheid wat die metro se finansiële gesondheid en dienslewering ondermyn.

Die omvang van die batekrisis is des te meer verraad omdat dit juis die sektore raak waar gemeenskappe die swaarste kry onder dienslewering wat in duie stort. Die R12,2 miljard wat vasgevang is, kon reeds ’n tasbare verskil gemaak het in die daaglikse lewe van inwoners.

Daar moet dringend ’n onafhanklike forensiese oudit gedoen word om vas te stel wie verantwoordelik is vir hierdie vertragings en om te verseker dat projekte nie langer lamgelê word nie.

’n Hersiening van die metro se projekbestuursmodel is noodsaaklik om te keer dat belastinggeld in die toekoms weer so vermors word.

Inwoners moet registreer en op 4 November vir die VF Plus stem om ʼn tasbare verskil in hul lewensomstandighede teweeg te bring.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.