Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Tshwane-metro moet ingryp om Pretoria-Noord van verdere verval te red

Die VF Plus het ‘n skrywe gerig aan die Tshwane-metro se burgemeester, dr. Nasiphi Moya, die onderburgemeester, Eugene Modise en stadsbestuurder, Johann Mettler, om dringend in te gryp om die verdere agteruitgang van Pretoria-Noord en Akasia te verhinder.

Pretoria-Noord is een van die oudste dele van die metro sedert sy ontstaan in 1878 toe pionierboere langs die Apiesrivier kom vestig het. Van die eens pragtige florerende gebied, is daar feitlik niks oor nie.

Slaggate, straatligte wat buite werking is en sypaadjies wat uitmekaar val en oorgroei is met gras, is deesdae die norm.

In Gerrit Maritzstraat, die hoofstraat, is straatligte buite werking, die straat is verwaarloos en taxibestuurders parkeer waar en wanneer hulle wil sonder enige gevolge en tot groot ergernis van inwoners.

Munisipale bywette word selde toegepas en smouse se stalletjies op sypaadjies dwing inwoners om in die pad te loop wat uiters gevaarlik is.

In die Klerksoord-industriële gebied gaan ondernemings soms tot drie keer per week onder kragonderbrekings gebuk.

Die Tshwane-metro het ‘n plig om aandag te skenk aan die probleme in die gebied en toe te sien dat die verskillende departemente ‘n daadwerklike poging aanwend om die probleme op te los.

Die VF Plus sal aanhou druk plaas op die metro die agteruitgang van Pretoria-Noord om te keer.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.