Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Tshwane-koalisieregering skep poste vir politieke lojaliteit op belastingbetalers se onkoste

Die VF Plus is sterk gekant teen die skep van tien mediaskakelposte in die Tshwane-metroraad se burgemeesterskantoor wat die metro meer as R6,3 miljoen per jaar gaan kos.

Dié poste word geskep terwyl die salarisrekening reeds R13 miljard per jaar oorskry.

Dit is ʼn duidelike aanduiding van ʼn opgeblaasde en onvolhoubare administrasie.

Daar is ook geen volledige kosteberekening vir hierdie nuwe poste nie.

Bykomende uitgawes soos toerusting, sagteware en kantoorruimte word eenvoudig uitgelaat, wat verantwoordelike begrotingsbestuur ondermyn. Hierdie benadering stel politieke belange bo openbare diens en vererger die las op belastingbetalers.

Die VF Plus bevraagteken ook die verskoning dat die sogenaamde vervanging van die spyseniering-assistentpos met dié van ’n drywer/boodskapper in die kantore van burgemeesterskomiteelede ’n administratiewe behoefte is.

Hierdie besluit is niks anders nie as ’n rookskerm vir verdere kaderontplooiing. Die pos van spyseniering-assistent en drywer/boodskapper spruit uit ’n ANC-nalatenskap wat tydens die vorige koalisie, waarin die VF Plus deel was, nooit gevul is nie.

Nou word dit aangebied as nuwe poste, nie op grond van diensbehoeftes nie, maar uit politieke opportunisme.

Tydens die vorige koalisie het burgemeesterskomiteelede hul werk effektief verrig sonder sulke poste.

Die huidige voorstel dui op ’n doelbewuste verskuiwing van prioriteite – van inwoners se behoeftes na politieke lojaliteit.

Die VF Plus verwerp hierdie blatante vermorsing van die inwoners se belastinggeld.

Deursigtigheid, dienslewering en begrotings-integriteit moet bo politieke agendas gestel word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.