Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Tshwane kan nie langer swak dienslewering in Pretoria-Noord ignoreer

Die Tshwane-metro kan nie langer arms gevou sit en toekyk hoe dienslewering verswak en infrastruktuur in Pretoria-Noord uitmekaar val nie.

Kragonderbrekings het ’n alledaagse verskynsel geword. Inwoners sit byna elke week en dikwels oor naweke ure lank sonder krag.

Hierdie krisis plaas groot finansiële druk op huishoudings en ondernemings wat afhanklik is van betroubare kragtoevoer.

Die toestand van die paaie in Pretoria-Noord is kommerwekkend met amper geen straat sonder slaggate nie.

Vanaf die Rachel de Beer-duikweg by die ingang na die noorde van die stad, is die pad in ‘n haglike toestand en word inwoners gedwing om slegs van een baan gebruik te maak. Dit veroorsaak verkeersopeenhopings wat reeds ‘n ernstige probleem is weens die aantal skole wat direk langs die roete geleë is.

Die kruising by Ben Viljoen- en Rachel de Beerstraat is ook in ʼn haglike toestand. Nie net is die kruising vol slaggate nie, maar daar hang ‘n straatlig gevaarlik oor die pad.

Terwyl inwoners gemaan word om water te bespaar, verloor die metro daagliks duisende liter water weens honderde lekkasies.

Hierdie verliese, saam met die kragonderbrekings en padverval, wys op ’n metro wat sy basiese infrastruktuur nie meer kan onderhou nie.

Inwoners het hul vertroue in die metro verloor en sommige kies om te verhuis na gebiede waar beter dienste gelewer word.

Die VF Plus het reeds ’n formele brief geskryf aan die burgemeesterskomiteelid vir menslike nedersettings, Aaron Maluleka, en die burgemeester, dr. Nasiphi Moya, om te vra waarom inwoners se klagtes geïgnoreer word.

Die VF Plus sal aanhou druk uitoefen totdat die metro verantwoordelikheid neem en kragtoevoer, waterbestuur en padinstandhouding prioritiseer.

Inwoners verdien ’n metro wat sy infrastruktuur beskerm en dienslewering prioritiseer.

Op 4 November 2026 het kiesers die geleentheid om vir die VF Plus te stem wat behoorlike dienslewering en infrastruktuuronderhoud voorop stel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.