Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Waterkrisis in Kimberley ten spyte van Artikel 139-ingryping

Daar heers ‘n voortslepende waterkrisis in Kimberley wat ernstige vrae laat ontstaan oor die rol van die sogenaamde artikel 139-ingrypingspan en die munisipale bestuur se rol en hantering van die krisis.

Die ingryping is gedoen in opdrag van die Noord-Kaapse LUR vir samewerkende regering, menslike nedersettings en tradisionele sake (COGHSTA), mnr. Bentley Vass.

Dit ontstel die gemeenskap veral dat inwoners reeds vanaf 28 Mei die swak gehalte van drinkwater op sosiale media begin aanmeld het, terwyl die munisipaliteit die eerste amptelike openbare waarskuwing eers op 30 Mei uitgereik het.

Tydige en eerlike kommunikasie is onder hierdie omstandighede van kardinale belang.

Indien die provinsiale artikel 139-ingrypingspan inderdaad met die herstel van die munisipaliteit vorder, behoort die gemeenskap dit agter te kom, veral met betrekking tot kerninfrastruktuur soos watersuiwering.

Die verklaring van die munisipaliteit dat die water “veilig vir gebruik” is, maar dat inwoners dit moet kook indien dit nie helder is nie, laat verdere vrae ontstaan. Duidelike, wetenskapsgegronde antwoorde oor die aard, omvang en risiko’s van die probleem is noodsaaklik.

Die VF Plus dring daarop aan dat die artikel 139-ingrypingspan en munisipale bestuur raadslede in hul vertroue neem. Besonderhede oor wat verkeerd geloop het, hoe dit hanteer is en hoe moontlike herhalings voorkom word, is noodsaaklik.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.