Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Town-substasie in Vanderbijlpark brand ‘n derde keer

Sowat 30 000 huishoudings in Vanderbijlpark is Woensdagaand sonder krag gelaat nadat die Town-substasie vir ‘n derde keer aan die brand geslaan het.

Die VF Plus het in 2018 en 2024 met die hulp van ondernemings die dak en mure van die substasie in Curry Boulevard vervang.

Die party het herhaaldelik die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) gewaarsku dat die lading wat op die substasie geplaas word, te groot is en om dringende opgraderings te doen. Die waarskuwing het op dooie ore geval.

Tans is net ‘n 1×30 MVA-transformator aan die stelsel gekoppel wat hopeloos te min is. Die substasie wat ‘n uitgestrekte gebied in die CW 1,2,3,5-gebiede (Bopehlong, Bonanne, Stephanopark en omliggende kleinhoewes) van krag voorsien, is ontoereikend.

Die groeiende gemeenskappe in dié gebied plaas die substasie onder meer druk.

Inwoners van Bopehlong betaal ook nie vir kragvoorsiening nie wat dit moeilik maak vir die munisipaliteit om presies te bepaal wat die kragverbruik in die gebied is.

Die VF Plus sal nie sy druk op die Emfuleni-munisipaliteit verslap om hom te dwing om die substasie op te gradeer nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.