Die VF Plus kan nie die Merafong-plaaslike munisipaliteit se konsepbegroting vir die 205/26-finansiële jaar steun nie.
Soos die konsepbegroting tans daaruit sien, gaan dit geen merkbare verskil maak aan dienslewering of die onderhoud van infrastruktuur nie.
Die munisipaliteit se invorderingskoers vir dienste gelewer is tans 49% en die voorgestelde tariefverhogings gaan Merafong met rasse skrede verder agteruit laat boer.
Inwoners van Merafong word weekliks met krag- en wateronderbrekings gekonfronteer wat gereeld vir dae of selfs weke voortduur. Randwater het reeds die watertoevoer na die munisipaliteit met 20% verminder omdat Merafong nie sy waterrekening vereffen nie.
Die voorgestelde tariefverhogings is as volg:
Eiendomsbelasting: 5%
Landelike eiendomsbelasting: 3%
Myn-eiendomsbelasting: 4.4%
Water: 15.30%
Vullisverwydering: 6%
Sanitasie: 9.5%
Elektrisiteit: 7-11%
Die VF Plus sal voortgaan om alles in sy vermoë te doen om die munisipaliteit te dwing om sy standaard van dienslewering aan inwoners te verbeter en sy skuld aan Eskom en Randwater te vereffen.
Die party sal nie ophou om inwoners se belange te dien nie.