fbpx
Vryheidsfront Plus

Toerisme-sektor in Noordwes moet veiligheid opskerp na moord op man by Buffelspoort-oord

Die moord op mnr. Johannes Brits by die Buffelspoort vakansie-oord naby Rustenburg beklemtoon opnuut die vlak van wetteloosheid waarmee landelike inwoners van Noordwes te kampe het.

Dit is tragies dat ‘n gesin en familie in die veiligheid van ‘n bekende vakansie-oord hierdie geweld en trauma moes ervaar tydens ‘n familie-vakansie.

Dit sou jammer wees indien die toerismesektor nou ook geteiken word deur misdadigers wat die provinsie se landbousektor in die provinsie teister.

Dit moet in die kiem gesmoor word deur onder meer verskerpte veiligheidsmaatreëls.

Toerisme is een van die grootste werkskeppers in Noordwes en vorm deel van die ruggraat van die provinsie se ekonomie. Die bedryf moet beskerm word.

Indien natuurliefhebbers en ander besoekers die provinsie weens veiligheidsoorwegings begin vermy, kan dit ‘n ekonomiese ramp vir die provinsie veroorsaak waarvan daar moeilik herstel sal word.

Die voorkoming van hierdie tipe misdade behoort prioriteit te geniet en met intelligensie-gedrewe optrede doeltreffend bekamp word.

Die VF Plus sal voortgaan om gemeenskappe by te staan in die bekamping van misdaad en die ondersteuning van plaaslike veiligheidstrukture.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.