Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Suid-Kaap: Gemeenskappe moet saamstaan teen misdaad en onwettige immigrasie

Die VF Plus doen ʼn beroep op gemeenskappe in die Suid-Kaap om saam te staan teen misdaad in die algemeen asook onwettige immigrasie aangesien ongedokumenteerde persone sonder enige naspeurbare dokumentasie wat by misdaad betrokke is, die opsporing van verdagtes uitermatig bemoeilik.

Die party het reeds gesprek gevoer met plaaslike plaaswagte in die Swellendam- en Goukou-gebiede en daar bestaan toenemende kommer dat ongedokumenteerde en onwettige immigrante ʼn rol speel in die groeiende misdaadprobleem in dié gebied.

Daar bestaan ook vermoedens dat onwettige immigrante betrokke was by die onlangse aanval op twee bejaarde Nederlandse toeriste op ʼn gasteplaas buite Swellendam.

Die aanval is nie net ’n slag vir kwesbare bejaardes nie, maar ook vir die streek se beeld as ’n veilige toerismebestemming.

Plaaslike inwoners van Vermaaklikheid, Slangrivier, Melkboomfontein, Riversdal en Heidelberg beklemtoon dat die las op plaaslike veiligheidsnetwerke al hoe groter word.

Wanneer buitelandse werkers ná tydelike projekte agtergelaat word sonder werk of inkomste, skep dit verdere spanning en verhoog dit die risiko van misdaad en konflik.

Die VF Plus en plaaslike veiligheidstrukture doen daarom ’n beroep op gemeenskappe om saam te staan en aktief betrokke te wees by die beskerming van hul dorpe en plase.

Die Suid-Kaap was nog altyd ’n rustige streek, en dit is van kardinale belang dat inwoners saamwerk om te keer dat negatiewe tendense wortel skiet.

Plaaslike samewerking, waaksaamheid en druk op die owerhede om hul pligte na te kom, is noodsaaklik om die streek se stabiliteit en reputasie te beskerm.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.