Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Suid-Afrikaanse handel onder druk ná vlootoefening

Suid-Afrika se ekonomiese belange het ernstige skade gely weens die ANC se besluit om ’n vlootoefening met Iran, Rusland en China, in Simonstad toe te laat.

Hierdie stap was nie neutrale diplomasie nie, maar ’n doelbewuste geopolitieke sein wat die land verder vervreem het van sy naasgrootste handelsvennoot, die Verenigde State van Amerika.

Die ANC het nie in die belang van Suid-Afrika opgetree nie, maar in die belang van sy ideologiese struggle-genote.

Iran se latere afskaal van sy status na waarnemer verander niks, synde die boodskap reeds aan die wêreld gestuur is. Gesamentlike beplanning het plaasgevind, vlae is gehys, seremonies is gehou en beelde daarvan is wêreldwyd vertoon.

Washington se besluit om handelsbetrekkinge met Suid-Afrika te heroorweeg, is geneem toe Iran aanvanklik as deelnemer by die vlootoefening verwelkom is.

Vir die VSA was dit ’n duidelike geopolitieke sein dat Pretoria sy bande met Amerika se teenstanders verdiep en dit het onmiddellik die risiko van verhoogde tariewe, sanksies en die verlies van voorkeurhandel op die tafel geplaas.

Die ANC het Teheran bo Washington gekies, Moskou bo markte en Beijing bo stabiliteit. Nou het die finansiële storm Suid-Afrika ingehaal.

Die VF Plus sal president Cyril Ramaphosa en die minister van internasionale betrekkinge, Ronald Lamola tot verantwoording roep en volgehoue druk toepas om handelsbetrekkinge met die VSA en ander sleutelvennote te herstel en te verbeter.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.