(Debat in parlement: Aansuiweringsbegroting vir departement van Water en sanitasie)
Suid-Afrika se houding oor waterbesparing moet ingrypend verander om ‘n waterkrisis af te weer en die ANC behoort water as prioriteit te plaas bo die vermorsing van miljarde rand om die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) te probeer red.
Suid-Afrika is in ‘n krisis wat water aanbetref en die publiek is besig om wanhopig te raak oor die situasie. Suid-Afrikaners, wit en swart, is moeg vir swak dienslewering waar ‘n verstommende 35% water verlore gaan weens vervalle infrastruktuur.
‘n Dringende gesindheidsverandering is nodig. Die ANC moet na die mense van Suid-Afrika begin luister.
Die wêreld se grootste toekomstige bedreiging gaan die tekort aan water en hongersnood wees. Die ANC gee nie genoeg aandag aan die bewaring en verspreiding van water nie.
Veral skokkend, is dat kundiges reeds 21 jaar gelede voorspel het dat die land op ‘n ernstige watertekort afstuur.
Die huidige situasie wys dat al hoe meer mense uit Afrika na Suid-Afrika stroom wat beteken die waterbehoefte raak al hoe groter. Om ‘n dam te bou, neem tussen sewe en tien jaar en die versuim om dit te doen, beteken dat die Oos-Kaap – soos die res van die land – op ‘n katastrofe afstuur.
Die Oos-Kaap se grootste dam, Kouga, was twee jaar gelede 7% vol. Dit het daarna aangevul tot 55% maar is nou terug op ‘n feitlik leë 6%. Die gemiddeld van al die damme in die Nelson Mandelabaai-metro-munisipaliteit is ‘n skamele 18%. Dit wys op die erns van die situasie.
Boonop behandel die ANC-regering die land se boere soos vyande terwyl dit net hulle is wat vir voedselsekerheid in die land kan sorg.
Baie boere bou damme op hul eie koste, nie net tot hul eie voordeel nie, maar ook om opkomende boere te help en water te voorsien aan gemeenskappe op die platteland.
Dit is insiggewend om daarop te let dat 27 groot damme voor 1995 gebou is en slegs sewe sedert die ANC in 1994 aan bewind gekom het.
Navrae: 072 428 6103