fbpx
Vryheidsfront Plus

Stortvloed plaasaanvalle en -moorde in weke ná hof “Kill the boer” toelaat

In net meer as ‘n maand nadat die Gelykheidshof op 25 Augustus (verlede maand) beslis het die struggle-lied ‘’Kill the boer” is nie haatspraak nie, was daar ‘n stortvloed plaasaanvalle en -moorde in Suid-Afrika.

Sedert 26 Augustus is agt mense vermoor en talle beseer in nóg ses afsonderlike aanvalle.

Luidens die polisie se amptelike misdaadstatistiek is 22 mense in die eerste ses maande vanjaar in plaasaanvalle vermoor. Twaalf daarvan in die eerste kwartaal en tien in die tweede.

Hierdie syfers wys dat die aantal moorde skerp gestyg het oor die laaste vyf weke. (Die volledig lys word onder aan hierdie verklaring geplaas.)

In die jongste voorval is mnr. Ettienne du Toit (53) van die Sterkspruit naby Nelspruit vermoedelik gister (29 September) vermoor.

Dit blyk dat hy met ‘n ysterpaal doodgeslaan is terwyl hy by die waterpompe doenig was.

Talle van die slagoffers se beserings het getuig van uitermatige geweld en wreedheid van die aanvalle.

In sy uitspraak in die Gelykheidshof in Johannesburg het regter Edwin Molahlehi gesê daar is volgens hom nie genoegsame bewyse dat die sing van die lied op haatspraak neerkom nie.

Dit staan in teenstelling met die feit dat die mensregtekommissie (MRK) reeds in 2000 op versoek van die VF Plus hierdie slagspreuk tot haatspraak verklaar het.

In ‘n polisieverslag van 2003 is ook bevind dat uitsprake van politici mense aanhits tot geweld en dat dit een van die oorsake vir plaasaanvalle en -moorde is.

By die VF Plus bestaan geen twyfel nie dat opruiende uitsprake en liede mense aanhits tot geweld en moord. Daar moet ook geen twyfel bestaan dat die “boer” waarna in die lied verwys word, op wittes gemik is nie.

Die slagting van die land se boere kom al oor dekades en die regering verseg bloot om dit tot prioriteitsmisdaad te verklaar, nieteenstaande deurlopende druk van die VF Plus en ander.

Wat hier afspeel is ‘n menslike tragedie en die ANC sal nog daaroor verantwoording moet doen.

Lys van plaasmoorde en -aanvalle:

Plaasmoorde:

1) 26 Augustus
Pieter van der Westhuizen
Tussen Zeerust en Groot Marico

2) 5 September
Niko Steenkamp (60)
Northam

3) 6 September
Marthiens Richter (68)
Vermoor en sy vrou Elna beseer
Thabazimbi

4) 15 September
Victor Janse van Rensburg (60)
Versorger van plaaseienaar
Kouga

5) 21 September
Fran Venter (68)
Rustenburg

6) 23 September
Gideon Swart (52)
Waterval-Boven

7) 27 September
Dr. Jessé Coleman (72)
Delmas

8) 29 September
Mnr. Ettienne du Toit (53)
Nelspruit

Plaasaanvalle:

1) 7 September
Plaasvrou met messe gesteek en plaaswerker aangerand,
Leandra

2) 9 en 10 September
2 plaasaanvalle
Lilyfontein/Brakfontein in Oos-Londen

3) 14 September
Johan Hattingh (76) skiet twee aanvallers dood,
Sundra, Mpumalanga.

4) 23 September
3 plaasmense gewond
Alldays, Limpopo

5) 24 September
Wilna Reid (43)
Beroof,
Randfontein

6) 24 September
Bejaarde vrou ernstig aangerand
Klerksdorp

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.