Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus staan sterk teen ondermyning van Ekurhuleni se selfstandige status

Die VF Plus het gister sterk standpunt ingeneem teen die poging van die ANC-regering op nasionale vlak om die Ekurhuleni-metro se selfstandigheid as ‘n volwaardige plaaslike regering te ondermyn deur middel van die implementering van ‘n distriksontwikkelingsmodel (distriksmodel).

Tydens die Ekurhuleni-raadsitting het die VF Plus teen die implementering van die distriksmodel standpunt ingeneem.

Dit ignoreer die stem van inwoners wat veral tot die metro se aandag kom deur die geïntegreerde ontwikkelingsplansproses.

Die distriksmodel is ‘n wesenlike ingryp op die grondwetlike status van die Ekurhuleni-metro.

Die VF Plus het daarom die item op die agenda van die raadsitting om die distriksmodel te verwerp, heelhartig ondersteun.

Die distriksmodel is voorheen deur die metroraad aanvaar toe die Ekurhuleni-metro nog onder ANC-beheer was.

Die suksesvolle plasing en aanvaarding van die item gister om die distriksmodel van die ANC te verwerp, bring ‘n goeie einde aan die aanval op die metro se status.

Dit sal seker maak dat die ANC nie in die koalisie-regering kan inmeng nie.

Die ANC-regering op nasionale vlak het op die distriksmodel besluit as ‘n instrument om die swak dienslewering van plaaslike regerings regoor die land hok te slaan.

Dit behels die gesamentlike bestuur en gedeelde verantwoordelikheid oor die werksaamhede van plaaslike regerings deur die nasionale en provinsiale regerings.

In wese kom dit neer op die ondermyning van plaaslike regerings se grondwetlike status as ‘n selfstandige vlak van regering en is duidelik nie belyn met die beginsels vervat in die Munisipale Strukturewet nie.

Hiervolgens moet alle nasionale en provinsiale ingrepe in lyn met die betrokke wet plaasvind en kan die wet nie gebuig word om die regering te pas nie.

Die VF Plus sal as ‘n betroubare en verstandige koalisievennoot in Ekurhuleni sorg dat die ANC nie op enige wyse weer beheer neem oor die bestuur van die metro nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.