fbpx
Vryheidsfront Plus

Karoo-Hoogland-munisipaliteit: PA-raadslede maak en breek soos hulle wil

Die Karoo-Hoogland-plaaslike munisipaliteit (Fraserburg, Sutherland en Williston) se waarnemende hoof finansiële beampte, mnr. Sarel Myburgh, se kontrak het die afgelope Vrydag verval.

Hy het reeds so lank in die pos waargeneem as wat toelaatbaar is. Hy het wel aansoek gedoen om permanent in die pos aangestel te word, maar die speaker en die burgemeester, albei van die PA, staan in die pad van 'n besluit.

Ander partye se raadslede, insluitend die hoofsweep, mnr. Jeremy Davies van die ANC, het verskeie kere probeer om vergaderings te belê rakende hierdie sleutelposisie.

Die vergaderings is herhaaldelik afgestel. Daarom is niemand nog in die pos aangestel nie.

Die speaker, me. Maria Shadow, het vir die afgelope Vrydag ’n vergadering belê, net om dit die Donderdag aan die vooraand af te stel. Die hele raad het die speaker gekontak, maar sy het volgehou dat die mandaat van haar party is om nie met die vergadering voort te gaan nie.

Die burgemeester, mnr. Anthony Mitas van die PA, het haar daarin ondersteun.

Die gevolg is dat die munisipaliteit vanaf Maandag 3 Oktober geen persoon het wat by magte is om betalings te doen nie.

Die raadslede het hulle tot die Munisipale Strukturewet (artikel 117) gewend, wat bepaal dat raadslede ’n vergadering kan byeenroep. So ‘n vergadering is vir 5 Oktober geskeduleer.

Alle raadslede het ’n versoek van dié aard onderteken en by die speaker se kantoor afgelewer.

Die Noord-Kaapse LUR vir plaaslike regering, mnr. Bentley Vass, het per brief bevestig dat mnr. Myburgh die geskikte kandidaat vir die pos is. Daar was ook twee ander aansoeke.

Weens die magsmisbruik van die PA se twee raadslede, die speaker en die burgemeester, is daar nie ’n ander uitweg as om ’n mosie van wantroue teen hulle in te bring nie.

Mnr. Myburg is tans met ’n regsaksie besig, omdat hy nie aangestel is nie.

Die VF Plus se pogings om hom wel te laat aanstel, is amptelik genotuleer.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.