fbpx
Vryheidsfront Plus

Stelsel wat ANC-regering geskep het, is staatsondernemings se ondergang

(Begrotingsposdebat in parlement: Openbare ondernemings)

Openbare ondernemings in Suid-Afrika is deurtrek met korrupsie en wanbestuur en dit kan nie so voortgaan nie.

Mense wat swaar kry weens moeilike ekonomiese omstandighede, moet hierdie ondernemings met hul belastinggeld befonds en keer op keer vir reddingsboeie betaal. Dit word gedoen deur onder meer die betaling van buitensporige kragtariewe.

Dit is goed en wel vir die regering om standpunt in te neem teen korrupsie, maar standpunt sonder optrede of prioritisering help niks. Bedrog en staatskaping is nie beperk tot ’n sekere tydperk of president nie.

Dit is ’n stelsel van plundering wat geskep is wat dit moontlik maak. ’n Stelsel waarbinne R800 betaal word vir ’n gewone buislig van R60, melk aangekoop word teen R56 per liter en ’n besem teen R280 000.

Dit is ’n stelsel sonder meriete, waar aanstellings nie op grond van ondervinding en kwalifikasies gedoen word nie en wat die meeste Suid-Afrikaners in die steek laat ten koste van ’n klein groepie bevoorregtes. Hierdie stelsel het onlosmaaklik deel geword van die ANC.

Die fiskus sal aanhou om geld te gee aan bankrot staatsondernemings. Gewone mense sal daarvoor betaal en die armstes in die gemeenskap sal die meeste daaronder ly. Covid-19 het niks te make met die opgeblase pryse by Medupi en Kusile nie. Dit is veroorsaak deur swak beplanning, korrupsie en bedrog.

Die vorige bedeling het die departement van openbare ondernemings op die been gebring om hierdie ondernemings te privatiseer en Sasol is ’n voorbeeld van ’n suksvolle maatskappy wat werk skep, die ekonomie laat groei en meer doen vir maatskaplike ontwikkeling as die regering.

Verdere omkeer-strategieë en reddingsboeie sal niks beteken nie. Dit is by herhaling bewys. Net so min sal meer planne, verslae, beloftes, rade en komitees die probleme regstel. Mislukte ondernemings moet geprivatiseer word.

Doen weg met mislukte ideologieë en beleid soos swart ekonomiese bemagtiging (SEB), dereguleer die sake-omgewing om gesonde mededinging te bevorder, laat die private sektor toe om werk te skep en die ekonomie te ontwikkel.

Verwerp veral die stelsel wat die broeiplek is van korrupsie en kaderontplooiing. Net dit kan die verdere verval van die land keer.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.