fbpx
Vryheidsfront Plus

Sport, kuns en kultuur: Vrystaatse departement se obsessie met verlede dra niks by tot toekoms

(Begrotingsdebat in die Vrystaatse wetgewer)

Die Vrystaatse departement van sport, kuns en kultuur praat gereeld van nasiebou en sosiale samehorigheid, maar doen self presies die teenoorgestelde.

Die Vrystaatse regering se pogings om die geskiedenis van die Vrystaat te herskryf, sal bloot pogings bly. Geskiedenis kan nie verander of herskryf word nie.

Die departement het R2 miljoen vir die bou van ‘n enkele standbeeld vir Albertina Sisulu bewillig, maar besef nie dat toekomstige generasies ook moontlik aanstoot tot hierdie regering se simbole sal neem en dit ook uiteindelik sal verwyder nie.

Die VF Plus predik al etlike jare om nie die geskiedenis te probeer uitwis nie, maar eerder by te voeg en sodoende die gesamentlike erfenis van die Vrystaat uit te bou.

Geskiedkundige simbole is nie iets is om van te hou nie, maar om van kennis te neem. Hoe groter die ongemak, hoe minder is die waarskynlikheid dat dit herhaal sal word.

Die departement se obsessie met die verlede verhinder hom om aan die toekoms aandag te gee. Die departement sal sowat 64% van sy begroting aan personeel bestee, in stede daarvan om die meerderheid van sy begroting te bewillig vir jeugontwikkelingsprojekte.

Kosmetiese kwotas en regulasies sal nie ware gelykheid bring nie. Die besteding van 64% van hierdie begroting aan vergoeding vir werknemers doen niks vir die toekomstige geslagte nie.

Die departement moet kennis daarvan neem dat hy vandag in die jeug moet belê om in die toekoms te presteer. Die departement moet ook introspeksie doen en oorweeg of sy optrede en prioriteite regtig 'n verskil maak in die lewe van die mense van die Vrystaat, en of dit net 'n regmerkie in die gelykheidsboksie is om op papier gelyk te vertoon.

Navrae: 084 206 3375

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.