fbpx
Vryheidsfront Plus

Openbare werke en infrastruktuur: Vrystaatse departement moet eerder fokus op sy finansiële gesondheid

(Begrotingsposdebat in die Vrystaat-wetgewer)

Die Vrystaatse departement van openbare werke en infrastruktuur stimuleer nie die Vrystaat se ekonomie nie en dra in werklikheid net by tot die agteruitgang van munisipaliteite in die provinsie.

‘n Voorbeeld hiervan is hierdie departement se skuld aan die Mangaung-metro-munisipaliteit. Hierdie departement se skuld aan die metro dra by tot totale provinsiale staatskuld van sowat R1.5 miljard, wat 21% van die uitstaande debiteure-skuld van die metro uitmaak.

Sou die departement sy verantwoordelikheid teenoor die metro nakom, sal dit groot verligting aan inwoners van die metro bied.

Dit is ‘n skande dat swak departementele beplanning en onverantwoordelike finansiële bestuur afwentel na plaaslike regering tot nadeel van inwoners.

Hierdie departement verbeur ook geleenthede om sy eie inkomste te genereer. Projekte waarop miljoene rande bestee is, soos die Draairestaurant in die Fidel Castro-gebou in Bloemfontein, moet só bestuur word dat dit ‘n bydrae tot die finansiële volhoubaarheid van die departement maak. Hierdie projek is etlike jare gelede voltooi, maar is vandag 'n wit olifant.

Die Covid-19-pandemie mag nie as verskoning gebruik word om die departement se verantwoordelikhede te ontduik nie. Die regering skuld homself geld, en die nimmereindigende skuldverskuiwing van een regeringsvlak na ‘n volgende kan nie langer geduld word nie.

Navrae: 084 206 3375

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.