Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Sol Plaatje-speaker se versuim ondermyn raad se wettige besluitneming

Die speaker van die Sol Plaatje-plaaslike munisipaliteit (Kimberley) se versuim om die korrekte prosedure te volg oor die skorsing van die munisipale bestuurder, hou ernstige gevolge in en die VF Plus sal dit nie daar laat nie

Die party voer tans sake rakende die betrokke vergadering verder met formele besware teen die proses wat gevolg is.

Tydens die vergadering op Donderdag 8 Januarie 2026 moes die raad ’n besluit neem oor die skorsing van Sol Plaatje se munisipale bestuurder, mnr. Thapelo Matlala.

‘n Verslag rakende die dissiplinêre ondersoek teen hom is egter slegs mondelings en in opsommende vorm aan die raad voorgehou. Geen skriftelike verslag of ondersteunende dokumente is vooraf of tydens die vergadering aan raadslede beskikbaar gestel nie.

Raadslede is in werklikheid die geleentheid ontneem om die inhoud behoorlik te bestudeer, te oorweeg of vrae voor te berei. Sonder volledige inligting kan geen verantwoordelike besluit geneem word nie. Dit het die basiese beginsel van goeie en deursigtige regering ondermyn.

Ten spyte hiervan het die speaker, me. Dipuo Peters voortgegaan om ’n besluit oor die skorsing af te dwing. Geen ruimte is gelaat vir debat, verduidelikende vrae of teenvoorstelle of teenstemme nie.

Die VF Plus-koukus se formele beswaar is dat raadslede nie in staat gestel is om ’n ingeligte besluit te neem nie.

Hierdie hantering van die proses is onaanvaarbaar. Juis daarom het die VF Plus ook ’n formele mosie ingedien om die versuim van me. Peters om betyds ’n spesiale raadsvergadering in Desember 2025 te belê, te laat ondersoek.

Raadslede het ’n plig teenoor inwoners om wettig, deursigtig en verantwoordbaar op te tree.

Die VF Plus sal hierdie plig konsekwent afdwing.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.