Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Donker feestyd in Kemptonpark strek tot in nuwe jaar

Verskeie woonbuurte in Kemptonpark sit steeds sonder elektrisiteit ná ’n feesseisoen en nuwe jaar wat deur langdurige kragonderbrekings gekenmerk is.

Die VF Plus beskou dit as is ’n duidelike mislukking van basiese dienslewering.

Alhoewel toevoer in Esther Park, Spartan, Van Riebeeck Park, Birch Acres, Norkem Park en Terenure herstel is, is dele van Birchleigh, Cresslawn, Glen Marais en Kemptonpark-uitbreidings 2–4 steeds sonder krag – sommige al vir nege dae.

Die onderbrekings spruit uit infrastruktuurskade, netwerkfoute, kabeldiefstal en vandalisme.

Die gevolge vir inwoners en ondernemings is ernstig en strek verder as finansiële verliese.

Van besondere kommer was die Môrester-kinderhuis wat vir vyf dae sonder elektrisiteit moes klaarkom. Eers ná volgehoue druk van die VF Plus is die kragtoevoer herstel.

Inwoners se frustrasie is vererger weens die elektrisiteitsdepartement se gebrekkige kommunikasie.

Duidelike en tydige inligting is dikwels afwesig, wat beplanning tydens krisisse feitlik onmoontlik maak.

Die VF Plus sal hierdie gebrek aan deursigtigheid en aanspreeklikheid deurgaans in 2026 monitor.

Die ANC/EFF-koalisieregering in die Ekurhuleni-metro moet volle verantwoordelikheid aanvaar vir die voortgesette diensleweringsmislukkings.

Die VF Plus doen ’n beroep op dringende hervormings in die energiedepartement – insluitend beter kommunikasieprotokolle en ’n skofstelsel wat ná-ure reaksie kan verbeter.

Die VF Plus sal aanhou om formele kanale te gebruik om betroubare kragvoorsiening, aanspreeklikheid en respek vir inwoners se behoeftes te herstel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.