Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Inwoners word gestraf vir Lekwa se wanbestuur

Dit is onaanvaarbaar dat inwoners die gevolge moet dra vir die voortgesette wanbestuur en administratiewe verval by die Lekwa-plaaslike munisipaliteit (Morgenzon, Standerton).

Alhoewel inwoners self hul meterlesings aan die munisipaliteit deurgee om te voorkom dat die munisipaliteit foutiewe en buitensporige beraamde rekeninge uitstuur, gebeur dit steeds.

Dieselfde geld vir betalings. In stede daarvan dat die munisipaliteit sy eie bankstate behoorlik rekonsilieer, word inwoners gedwing om bewyse van betaling te lewer. Selfs dan word krag dikwels afgesny sonder vooraf kennisgewing en selfs terwyl ’n rekening betwis word.

Hierdie praktyke verteenwoordig growwe wanadministrasie en magsmisbruik.

Noodsaaklike dienste word misbruik as ’n intimidasie-instrument om interne mislukkings en wanbestuur van inkomste te verbloem.

Die VF Plus eis dat alle opskorting van dienste, waar betalings gemaak is of dispute bestaan, onmiddellik gestaak word, dat korrekte meterlesings en betalings van inwoners erken en op rekeninge weerspieël word, dat die munisipaliteit sy bankstate behoorlik rekonsilieer en rekeninge regstel waar foute voorkom. Ook dat amptenare aanspreeklik gehou word vir foutiewe fakturering en die onregmatige afsny van dienste.

Die VF Plus sal aanhou om druk uit te oefen dat Lekwa sy basiese pligte nakom en inwoners met respek behandel.

Dienslewering is ’n wetlike verpligting en aanspreeklikheid is nie-onderhandelbaar nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.