Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus dien klag in oor DA se oneerlike veldtogtaktieke in Wyk 57-tussenverkiesing

Die VF Plus in die Groter Pretoria-streek het vandag ’n formele klag by die munisipale partyskakelkomitee (MPLC) ingedien teen DA-verteenwoordigers ná voorvalle van moontlike ernstige oortredings van die verkiesingsgedragskode.

Dit het gebeur tydens veldtogwerk vir die komende tussenverkiesing in Wyk 57 ((Lyttelton, Die Hoewes, Lyttelton Manor en Kloofsig).

Die klag is gegrond op konkrete bewyse en die getuienis van inwoners, en behels onder meer:

Die verspreiding van bewerings dat indien die VF Plus se kandidaat, Wesley Jacobs die verkiesing wen, dit in wese die ANC is wat wen.

Dit is ’n opsetlike leuen en bangmaak-taktiek wat geen plek in ’n demokratiese verkiesing het nie.

Die VF Plus beskou hierdie optrede as ’n duidelike teken dat die DA geen werklike teenvoeter het vir die bewese integriteit en diensrekord van Jacobs nie. Jacobs het oor die afgelope vyf jaar as raadslid onvermoeid vir die gemeenskap gewerk en tasbare resultate gelewer – iets wat nie met leuens en intimidasiestrategieë weggepraat kan word nie.

Die VF Plus doen ’n beroep op kiesers om hierdie manipulasie te verwerp en te stem vir ’n kandidaat wat reeds bewys het hy staan dag en nag gereed om die wyk te dien.

Die VF Plus sal nie toelaat dat onetiese gedrag die demokratiese proses ondermyn nie en sal die saak tot by die verkiesingskommissie (OVK) neem indien nodig.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.