Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Sol Plaatje se plan met rioolkrisis in Kimberley ‘n stap in die regte rigting

Die Vryheidsfront Plus verwelkom die aanstelling van 'n kontrakteur vir die opgradering van die rioolpompstasie by Carter's Glen, aan die westekant van Kimberley. Weens onvoldoende infrastruktuur lek riool lank reeds hier uit en besoedel die omgewing van die Gariep Hospitaal. Inwoners worstel ook lankal met die reuke en moontlike besoedeling van grondwater. 

Tydens 'n komiteevergadering het aan die lig gekom dat 'n kontrak van R26 miljoen aan 'n firma, Amandla Construction van Klerksdorp toegeken is. Dit is die eerste maal dat Sol Plaatje met hierdie firma sake doen. MVD Kalahari Raadgewende Ingenieurs, 'n gerespekteerde praktyk van Kimberley, sal oor die werk toesig hou.

Volgens inligting is Amandla Construction tans nog in die beplanningsfase van hierdie projek, maar behoort die terrein eersdaags te betrek. Vir die welsyn van omliggende woonbuurte se inwoners en die omgewing self, is dit van belang dat die probleem permanent opgelos word.

'n Beroep word op inwoners gedoen om moontlike ongerief te verduur, terwyl die VF Plus die uitvoering van die projek fyn sal dophou. Die stad kan nie bekostig dat onvoldoende werk in die verband gedoen word, om op onoordeelkundige manier tyd of geld te spaar nie.

Navrae: 083 454 9410

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.