Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Sol Plaatje-plaaslike munisipaliteit: VF Plus versoek “artikel 106”-ondersoek na chaos in munisipale bestuur

‘n Spesiale raadsvergadering van die Sol Plaatje-plaaslike munisipaliteit vandag, wat ‘n ondersoekverslag teen die munisipale bestuurder, mnr. Thapelo Matlala, moes hanteer, het eerder tot die wanorde bygedra as om dit op te los.

Matlala is in September 2025 geskors om die ondersoek moontlik te maak. Hy het vroeër vandeesweek teruggekeer werk toe nadat prosedurele versuim deur die raad en speaker die skorsing laat verval het.

Klagte van intimidasie en die teenwoordigheid van beskermingspersoneel in die munisipale gebou, het gou die administratiewe en politieke chaos by Sol Plaatje beklemtoon.

Die spesiale raadsvergadering se uitdruklike doel was om ’n die betrokke verslag aan die raad voor te lê.

Theo Joubert, VF Plus-LPW in die Noord-Kaap en voorsitter van die staande komitee vir samewerkende regering, het saam met Kobus van den Berg, VF Plus-LP (NRP), die vergadering as deel van hul oorsigrol bygewoon. Nieteenstaande hul statutêre en grondwetlike mandaat, is hulle saam met lede van die publiek beveel om die raadsaal te verlaat.

Hierdie optrede is ongrondwetlike en verhinder parlementêre toesig. Dit is in stryd met die Wet op die Magte, Voorregte en Immuniteite van parlement en provinsiale wetgewers.

Joubert het in ‘n formele versoek aan die LUR vir samewerkende regering, Bentley Vass, gevra dat ’n ondersoek ingevolge Artikel 106 van die Munisipale Stelselswet 2000, gedoen word.

Die speaker, me. Dipuo Peters, het versuim om betyds ’n spesiale raadsvergadering te belê om die skorsing regmatig te verleng. Dit lei tans tot administratiewe verlamming en ’n verlies aan openbare vertroue.

Die feesseisoen is nie ‘n verskoning vir die versuim om statutêre en grondwetlike pligte na te kom nie. Matlala se terugkeer was dus regstegnies onafwendbaar, wat dui op politieke onbevoegdheid.

Berigte van intimidasie en gewapende sekuriteit binne munisipale geboue bevestig ’n instelling wat beheer verloor het. Verder wek die moontlikheid dat meer as een rekenpligtige beampte gedurende hierdie tydperk opgetree het, ernstige regs- en ouditvrae.

Die VF Plus is van mening dat daar rede is om te glo dat wanadministrasie, prosedurele versuim en moontlike finansiële wanbestuur plaasgevind het, wat die drempel vir ’n artikel 106-ondersoek onmiskenbaar bereik.

Inwoners van Kimberley verdien wettige, stabiele en deursigtige regering.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.