Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Sol Plaatje: Opvolg-raadsvergadering óók gekanselleer

Die Sol Plaatje-munisipale raad het vir die tweede keer in ʼn maand versuim om te vergader. Hierdie keer is dit vooraf gekanselleer weens te veel verskonings vir afwesigheid.

Volgens ʼn brief van die speaker, me Dipuo Peters, kanselleer sy die vergadering wat vandag (8 Oktober om 14:00) moes plaasvind, omdat ‘n beduidende aantal verskonings van raadslede ontvang is. Terwyl daar op 2 Oktober met opening nie ʼn kworum was nie, het die speaker vandag by voorbaat aanvaar dat daar nie een sou wees nie.

Dít nadat sy die opvolgvergadering belê het sodat sekere items rakende eiendomstransaksies deur die huidige raad afgehandel kon word.

Klaarblyklik vind die speaker dit nou nie meer so belangrik nie.

Die VF Plus beskou dit as ‘n belediging vir die inwoners van Kimberley as raadslede dit eenvoudig as oorbodige moeite beskou om hul termyn se werksaamhede af te sluit. Die nuutverkose raad sal al hierdie items van voor af moet bestudeer.

Die VF Plus herhaal sy aandrang dat die speaker met elke vergadering die volledige teenwoordigheidslys met afwesigheid en verskonings op die munisipale webwerf publiseer. Kiesers moet weet watter partye keer op keer die inwoners in die steek laat.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.